March 12, 2010, 3:10 pm
Opinion Evidence - ID Parades and Cautionary Rules:

Opinion Evidence - ID Parades and Cautionary Rules:

What do these 3 have in common?? Everything!! So logic dictates that when you have ID Testimony its Opinion Evidence and should conform to the rules.... This article will help you do just that, an argument for how the 3 fit together and how the state should proceed leading evidence in this regard...

 

IN DIE STREEKHOF VIR DIE WESKAAP GEHOU TE KAAPSTAD


SAAK: GSH x/xx/xx

IN DIE SAAK VAN


STATE TEEN TAULE EN 3 ANDER


__________________________________________________________________________________________________
Beswaar teen opinie getuinenis van getuie rakende identifikasie van beweerde rowers
___________________________________________________________________________________________________


Na aanleiding van bogenoemde beswaar het die hof in bogenoemde saak gelas dat skriftelike betoogs hoofde met gepaardgaande gesag gelewer moet word en word die volgende dan nou skriftelik op rekord geplaas.


Agtergrond van beswaar
Getuienis is op die 31 Januarie 2008 gelewer deur die klaer in bogenoemde saak Mnr Tonisi. Genoemde klaer het getuig dat gedurende die rooftog hy genader is deur ‘n persoon welke persoon hom versoek het vir ‘n R3. Die klaer het verder getuig dat hy wel die persoon sal kan uitken. Na aanleiding van die getuinis tydens die lei van die getuie het die staat die getuie gevra of die persoon in die hof teenwoordig is.


Op die stadium het die verdediging van beskuldigde 3 beswaar aangeteken teen die vraag. Die rede hiervoor was as volg:


Dit was op daardie stadium geensins duidelik op welke gronde die basis vir sodanige uitkenning gebasseer sou wees nie. Daar was geen basis vir die uitkenning gele nie en was dit onduidelik:


Of die getuie enigsins die persoon sou kon uitken.
Op grond van welke kenmerke die getuie die persoon souk on uitken.


Na aanleiding van die beswaar het die staat verder getuienis gelei, maar die basis vir die uitkenning was nie aangeraak nie. Die klaer het verder getuig dat hy weer die persoon op ‘n later stadium waargeneem het wat hom vir die R3 tydens die roof sou gevra het. Op die stadium was daar weer beswaar aangeteken teen die wyse waarop die getuienis op rekord geplaas is. Die rede hiervoor is as volg:


Daar is tot op die stadium nog geen basis vir uitkenning van die beweerde persoon gele nie.
Dit is onduidelik of die getuie die persoon sal kan uitken en indien wel op watter gronde (kenmerke) dit gebasseer sou wees.


Die staat lei nou getuienis rakende die uitkenning van ‘n persoon (by ‘n latere geleentheid) en daar word beweer dat die persoon wat nou waargeneem word dieselfde persoon is wat vroer by die beweerde roof waargeneem was. Die gronde (basis) vir die eerste waarneming is nooit gele nie, dis onduidelik op grond waarvan (welke kenmerke en waarnemings) die eerste waarneming gebasseer sou wees, verder word daar nou ‘n positiewe volgende identifikasie op rekord geplaas terwyl dit onduidelik is hoe die identifikasie as positief aangemerk kan word sonder dat die gronde van die eerste of twede waarneming duidelik op rekord geplaas was. Verder word daar beweer dat die persoon by die twede waarneming dieselfde persoon is as die persoon by die roof

.
Opinie getuienis


Identifikasie getuienis deur ‘n getuie is opinie getuienis. (Sien onder andere Justice College Notes: Opinion Evidence Bl 6 ) Die getuie getuig oor sy waarnemings van ‘n gebeurtenis en kom getuig dan dat die persoon wat hy later weer waargeneem het dieselfde persoon is. Gevolglik is die reels van toepassing op opinie getuienis van toepassing op sodanige identifikasies

.
Die volgende word verlang by opinie getuienis:


1.Die getuie moet bevoeg wees om die aspek te getuig.
2.Die gronde vir sodanige opinie moet gele word.


Punt 1 hierbo is nie in geskil nie en slegs punt 2 is van belang:


To guard against the court being misled, it is essential that those facts upon which the witness bases his opinion are given in evidence. This places the court in a position to assess the reasoning of the witness and to reject his opinion if unfounded. See Schmidt 459. If the court so directs, the witness may first be questioned on the facts upon which his opinion is based.


This procedure is not always applied appears from Claassen 1976 (2) SA 281 (O) 286
The court does not, however, have discretion in this regard and will normally require that the grounds on which the opinion is based, be stated. See Kondile 1995 (1) SACR 394 (SE), Mkohle 1990 (1) SACR 95 (A).


Verder moet die hof himself vergewis van die rede en hoe die getuie tot sy gevolgtrekking gekom het, en moet die hof himself vergewis daarvan dat op dieselfde gronde die hof tot dieselfde gevolgtrekking sal kan kom:


The court must not substitute its own opinion with that of a witness. The "ultimate issue doctrine" means that a witness's opinion on one of the final or ultimate issues is inadmissible because the court itself has to decide thereon. This is clearly illustrated in Govender 1968 (3) SA 14 (N) 20C, where Harcourt J states:
"...a witness must not merely be asked to express a conclusion which relates to the question which the court is called upon to decide; the court is not allowed without more to rely upon such conclusion and thereby to substitute the judgment of the witness, whether or not, for its decision." See also Nel 1990 (2) SACR 136 (C); M 1991 (1) SACR 91 (T); Van As 1991 (2) SACR 74 (W); Mashile 1993 (2) SACR 76 (A), September 1996 (1) SACR 325 (A).
The only exception to this rule is where a witness, because of his special knowledge, is in a better position than the court to determine a fact in issue. In practice this will usually apply to the expert witness. See Schmidt 460.

Die enigste wyse hoe die hof himself kan vergewis daarvan dat die gevolgtrekking van die getuie korrek is (maw dat hy voldoende kenmerke en waarnemings gehad het vir ‘n positiewe identifikasie) is deurdat die getuie sy gronde vir die gevolgtrekking eers le voordat hy die gevolgtrekking vir die hof gee. Dus deur die basis vir sy opinie te le en dan sy opinie te gee. Dus met geen basis is sy opinie van nul en geen waarde.


Verder moet die getuienis van ‘n getuie rakende identifikasie met versigtigheid genader word, versigtigheids reels is daarop van toepassing. Dit is belangrik dat die hof hier ingedagte moet hou dat die identifikasie in geskil geplaas word, dat die getuienis rakende identifikasie met uiterse omsigtigheid genader moet word weens die feit dat dit in geskil is en dat daar reeds geykte reg rondom versigtigheid in die benadering daartoe in die howe is.


This aspect is clearly enunciated in Khumalo 1991 (4) SA 310 (A) 328 where it is said that the honesty and conviction of a witness must never influence the separate investigation into the reliability of the identification by that witness.
However honest and credible a witness may seem, his evidence about the identity of an accused may be unreliable. It is for this reason that a cautionary rule, applicable to evidence of identity, exists. See Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A) 768: "Because of the fallibility of human observation, evidence of identification is approached by the courts with some caution. It is not enough for the identifying witness to be honest: the reliability of his observation must also be tested." Consult also Masemang 1950 (2) SA 488 (A); Poopedi 1966 (2) PH H 407 (T); Gordon 1970 (1) PH H 68 (A). See also Shadu 1990 (1) SACR 80 (N) 83, especially at 84-85; Solani 1987 (4) SA 203 (NC) 215D; Pretorius 1992 (2) SACR 601 (A).


'n Uitkenning moet volkome selfstandig wees; R v Dickman, 5 Cr. App. Rep. 135 op bl. 142-3; R v Bundy, 5 Cr. App. Rep. 270 op bl. 273.


Dit is nie billik en regverdig teenoor 'n beskuldigde persoon om hom aan 'n getuie uit te wys nie met die vraag of hy die persoon is wat die misdaad gepleeg het. Waar daar onsekerheid heers ten opsigte van die identiteit van die persoon wat die misdaad gepleeg het behoort daar 'n uitkenningsparade gehou te word; R v Chapman 7 Cr. App. Rep. 53 op bl. 55-6; R v Williams 8 Cr. App. Rep. 84 op bl. 88; R v Cartwright 10 Cr. App. Rep. 219 op bl. 221.
Waar 'n getuie vir die eerste keer in die hof gevra word om die persoon wat die misdaad gepleeg het uit te ken, verloor die uitkenning baie van sy waarde want die omstandighede suggereer die beskuldigde persoon as die een wat die misdaad gepleeg het." In this regard see Maradu 1994 (2) SACR 410 (W).


Gevolgtrekking


Gesien in die lig dat die genoemde getuienis dan nou opinie getuienis is, welke getuienis verder met omsigtigheid genader moet word, is dit die verdediging se submisie dat hier gewaak moet word teen insuniasies en afleidings gemaak deur getuies sonder dat hulle afleidings se basisse eerstens gele is, en die hof himself vergewis het van die betroubaarheid al dan nie daarvan.

 

BACK TO ARTICLES

Web design, website maintenance and internet marketing by QUARTERSHARK.COM